When:
November 17, 2018 @ 8:00 pm – 11:30 pm
2018-11-17T20:00:00-01:00
2018-11-17T23:30:00-01:00
Venue:
Warehouse Theatre
48 Tal Street
Region
Khomas (Windhoek)
Town
Windhoek

Toeris-Toeris van waar kom jy? Sokkies, selfie stokke en die potensiële afwesigheid van ‘n tan kan weg gee dat iemand van elders kom. Maar hoe gemaak met die verskillende kulture van die wêreld en hoe gemaak met die verskillende wêrelde binne in jou eie kultuur? Vermy, baklei of leer ken dit wat minder bekend is? Is normaal als waaraan “ek” gewoond is? Kom lag saam wanneer daar geskerpskerts, gesing en geterg word oor die mooiste mooi wat soms skuil in die middel van die grootste verskil.

Mariette Loubser is ‘n komediant, sangeres en aktrise vanaf die Boland wat huidiglik gebaseer is in Johannesburg. Met ‘n uitverkoopte debuut vertoning van haar eerste Stand-Up comedy “Wanneer Trou Jy?” by die US Woordfees is sy is een van min vrolike vroulikes in die relatiewe jong Afrikaanse “Stand-Up comedy” mark. Met ‘n agtergrond van kabaret, tv-aanbieding en radiowerk het sy ook voltyds gewerk met jeug en blomme & dekor vir troues en funksies. Tans is sy voltyds op die planke met haar een-man vertonings wat tot op hede die voorreg gehad het om in meer as 20 dorpe in Suid-Afrika sowel as in Londen, Amsterdam, Utrecht, Dublin en Windhoek te wys .

Category
Entertainment
Specifics
Over 18 year only
Organiser
Warehouse Theatre